Hoor U my Here?

Hoor U my Here, as ek so wild en wakker haat en beledig?
Hoor U my as ek nie verby my eie ek kan beweeg nie en my onvergewensgesindheid so bloot gery word?
Ek hoor U nie. 
Ek voel U nie. 
Alles in my is kwaad, omgekrap en ek kan nie eers in woorde beskryf hoe alleen ek voel nie. 
Hoekom kan ek nie die ongesproke jammer sien in ander nie?
Hoekom is my trots so erg in mypad dat ek nie meer n ander se pyn kan voel of sien nie?
Here, is daar fout met my as mens dat ander so gretiglik oor my kan loop en vertrap wat goed is in my?
Ek is kwaad. 
Ek haat. 
Ek voel nie meer soos U koningskind nie.  
Hoe kan U my lief he as alles in my werelds is en so opstandig is Here?
Help my Here. 
Hoor my hart. 
Maak hom skoon en gee hom weer lig en liefde.  
Ek Hou nie meer van hierdie donker wereld nie Here. 
Dis swaar om te dra en nog swaarder om te verstaan waar die lyne is. 
Help my Here. Hoor my hart vanaand. Maak hom skoon Asseblief. 

Popular posts from this blog

I waited patiently